Terry Pratchett | |
---|---|
Pratchett in 2012 | |
Gebore | Terence David John Pratchett 28 April 1948 Beaconsfield, Buckinghamshire, Engeland |
Sterf | 12 Maart 2015 (op 66) Broad Chalke, Wiltshire, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Kortverhaalskrywer |
Bekend vir | Discworld Good Omens Nation |
Ouer(s) | David en Eileen Pratchett |
Webwerf | www.terrypratchett.co.uk |
Terence David John Pratchett OBE (28 April 1948 – 12 Maart 2015) was 'n Engelse fantasie skrywer, gebore in Beaconsfield, Buckinghamshire, Engeland. Hy is beroemd vir sy Discworld-reeks. Teen Maart 2005 het hy reeds ongeveer 40 miljoen boeke wêreldwyd verkoop. Hy word algemeen beskou as een van die bekwaamste satirici in die Engelse letterkunde, en word vergelyk met sulke wyduiteenlopende persone as Douglas Adams, Jonathan Swift, Charles Dickens, Lewis Carroll, Evelyn Waugh en P. G. Wodehouse.